fried contemporary

EXHIBITION

André Naudé SHORT CV

André Naudé, untitledongetiteld

18 February – 11 March 2006

On the threshold of something communicable -- there yet not easily utterable, a zone where opposites meet –  is the connective tissue of André Naudé’s solo exhibition of paintings entitled  untitledongetiteld.

Opposites such as freedom and order; sameness and difference; one and many; mobility and stillness; impersonal and personal; good and evil; rationality and emotion jubilantly celebrate the diversity of life in sensuous colours, layers and patterns. 

There is a simplicity, but also a richness, something intricate that counteracts minimalism. There is an immediate self-containedness that teases, moves and stirs one, and brings emotion to the fore.

Something in the artist’s work speaks of reality as many and varied, of a logic that is pleasurably acceptable to the intellect and that gathers details unerringly in coherent compositions.

.........................

Op die drempel van iets wat nie gekommunikeer kan word nie -- iets wat daar is maar nie maklik gesę kan word nie, ‘n gebied waar teenoorgesteldes ontmoet --  is die bindweefsel van André Naudé  se solo-uitstalling van skilderye getiteld  untitledongetiteld.

Teenoorgesteldes soos vryheid en orde; ooreenkomstigheid en verskil; een en baie; beweeglik en stil; onpersoonlik en persoonlik; goed en kwaad;  rasionaliteit en emosie vier op jubelende wyse die uiteenlopendheid van die lewe in sensuele kleure, lae en patrone.  

Daar is eenvoudigheid, maar tog ook ‘n rykdom, iets ingewikkeld wat minimalisme weerspreek.  Daar is ‘n direkte selfgenoegsaamheid wat terg, ‘n mens aanraak en omkrap, en emosies na vore bring. 

Iets in die kunstenaar se werk praat van ‘n realiteit wat veelvoudig en divers is, van ‘n logika wat plesierig aanvaarbaar is vir die intellek en wat doelgerig details in sinvolle komposisies saamsnoer.

 

-- Dr Elfriede Dreyer

All images: Untitled (2006)