Portraits from Beyond
14 April - 5 May 2007
Erna
Bodenstein-Ferreira’s Portraits from Beyond explores themes
relating to human frailty, transience and mortality, similar to previous
exhibitions in South Africa and Spain. These themes are explored through
portraiture, mainly of women, based on the artist’s own documentation of
photographic images of females interred at Auschwitz and Birkenau during the
Second World War. In these works the artist pieces together fragmentary and
layered narratives, which reflect the selective nature of collective memory.
Erna
Bodenstein-Ferreira se Portraits from Beyond ondersoek tema’s
verwant aan menslike kwesbaarheid, verganlikheid en sterflikheid, soortgelyk
aan vorige uitstallings in Suid-Afrika en Spanje. Hierdie tema’s word
ondersoek deur portretstudies, hoofsaaklik van vrouens, gebaseer op die
kunstenaar se eie dokumentasie van fotografiese beelde van vroue in
aanhouding by Auschwitz en Birkenau gedurende die Tweede Wêreldoorlog. In
hierdie werke bring die kunstenaar elemente van gefragmenteerde en
gestratifiseerde verhale saam wat die selektiewe natuur van ‘n kollektiewe
geheue weerspieël.